Natuurlike hulpbron

Dié reënwoud in Fatu-Hiva in die Marquesas-eilande is 'n voorbeeld van 'n ongeskonde natuurlike hulpbron. Woude verskaf hout aan mense en kos en skuilings vir die plant- en dierewêreld. Die voedingstofsiklus tussen organismes skep koskettings en die biodiversiteit van spesies.
Die Carson-waterval in die berg Kinabalu, Maleisië, is 'n voorbeeld van 'n ongerepte natuurlike hulpbron. Watervalle verskaf bronwater vir mense, diere en plante vir oorlewing en is ook die habitat vir waterorganismes. Die waterstroom kan gebruik word om turbines te laat draai vir die opwek van hidroëlektrisiteit.
Die oseaan is 'n voorbeeld van 'n natuurlike hulpbron. Die oseaangolwe kan gebruik word om golfkrag te skep, wat 'n hernubare energie is. Oseaanwater is belangrik vir die produksie van sout en om 'n habitat te verskaf vir diepseevisse. Daar is 'n biodiversiteit van marienespesies in die see waar voedingstofsiklusse volop is.
'n Foto van die Udachnaya-pyp, 'n oopgroefdiamantmyn in Siberië. Dit is 'n voorbeeld van 'n niehernubare hulpbron.

Natuurlike hulpbronne is hulpbronne wat bestaan sonder optrede van mense. Dit sluit in alle gewaardeerde kenmerke soos magnetiese krag, aantrekkingskrag en elektriese eienskappe en kragte. Op die aarde sluit dit in: sonlig, atmosfeer, water, grond (wat alle minerale insluit), asook alle plantegroei en dierelewe wat natuurlik bestaan het binne vroeër geïdentifiseerde kenmerke en hoofbestanddele.[1][2][3][4]

Spesifieke areas soos die reënwoud in Fatu-Hiva word dikwels gekenmerk deur die biodiversiteit en aarddiversiteit het in hul ekosisteem bestaan. Natuurlike hulpbronne kan verder op verskillende maniere geklassifiseer word. Natuurlike hulpbronne is materiale en bestanddele (iets wat gebruik kan word) wat binne die omgewing gekry kan word. Elke mensgemaakte produk bestaan uit natuurlike hulpbronne (op sy fundamentele vlak). 'n Natuurlike hulpbron kan bestaan as 'n aparte entiteit soos vars water en lug, asook as 'n lewende organisme soos 'n vis, of dit kan in 'n alwisselende vorm verwerk moet word om die hulpbron te kry soos metaal, erts en die meeste vorms van energie.

Daar is wêreldwyd heelwat gesprekke oor die toewysing van natuurlike hulpbronne. Dit is veral die geval tydens tye van toenemende skaarsheid en tekorte (die uitputting en oorverbruik van hulpbronne), maar ook omdat die uitvoer van natuurlike hulpbronne die grondslag van baie ekonomieë is.

Sommige natuurlike hulpbronne soos sonlig en lug kan oral gekry word, en staan bekend as alomteenwoordige hulpbronne. Die meeste hulpbronne kom egter voor in klein sporadiese areas en word genoem beperkte hulpbronne. Daar is baie min hulpbronne wat beskou word as onuitputbaar (wat nie in die toekoms gaan opraak nie) – dit is sonbestraling, geotermiese energie en lug (hoewel toegang tot skoon lug miskien nie). Die oorgrote meerderheid hulpbronne is teoreties uitputbaar, wat beteken daar is net 'n beperkte hoeveelheid en dit kan uitgeput word as dit nie behoorlik bestuur word nie.

  1. "natural resources – definition of natural resources in English" (in Engels). Oxford Dictionaries. 20 April 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2016. Besoek op 12 Desember 2016.
  2. "Definition of natural resource – Merriam-Webster's Student Dictionary". Wordcentral.com. 20 September 2012. Besoek op 12 Desember 2016.
  3. "What is Natural Resources? definition and meaning". Investorwords.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 12 Desember 2016.
  4. "Natural resource dictionary definition | natural resource defined". Yourdictionary.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 12 Desember 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search